Weste oorweeg Somalië-aanvalle

2012-02-23 08:00
Tweets Share Share line Print

Den Haag – As die situasie in Somalië nóg versleg, oorweeg ’n groep Westerse lande dit om lugaanvalle uit te voer op opleidingskampe en basisse van die Islamitiese terreurbeweging Al-Sjabaab en seerowers wat skeepsroetes in die Indiese Oseaan teister.

So het die Britse blad The Guardian Woensdag berig op grond van inligting van ongenoemde bronne in die Britse regering. Die Britse weermag het al planne daarvoor, maar ’n hele ent pad sal nog geloop moet word voordat dit gebeur, lui die berig.

Die politieke wil vir so iets het tot onlangs nie bestaan nie.

As Brittanje tot die daad oorgaan, kan ook Amerika, Frank­ryk en Nederland aan so ’n operasie deelneem.

Die teikens sal geen gevorderde lugafweervermoë hê nie. Dus sal die aanvalle betreklik eenvoudig wees en uitgevoer kan word deur helikopters op skepe wat aan die kus vaar.

“Ons het nie tans die bates ter plaatse nie,” het ’n amptenaar aan The Guardian gesê. “Dit beteken nie ons kan hulle nie vinnig daar kry nie.”

Blykbaar besef die beplanners dat lugaanvalle ’n korttermynoplossing sal bied, maar op lang termyn is ’n duursame politieke skikking nodig.

Somalië word beskou as ’n mislukte staat. Die land het ’n regering wat net ’n klein deel van die grondgebied beheer en net met die Keniaanse weermag se militêre hulp kan oorleef.

Die noordelike deel van die land het afgeskei en in die res van die land veg krygshere teen mekaar of is seerowers en/of Al-Sjabaab in beheer.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: somalië  |  seerowery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.