'Wêreldmagte vernietig ekonomie' - Iran
2010-04-23 23:35
Bulawayo, Zimbabwe – Iran se president Mahmoud Ahmadinejad het Vrydag wêreldmagte daarvan beskuldig dat hulle probeer om Zimbabwe en sy eie land se ekonomieë te vernietig, in die lig van dreigemente van versterkte sanksies vir dié lande.
“Ons nasies het ‘n bitter ervaring van ingryping deur daardie groot magte. Hulle wil die markte van die lande (Iran en Zimbabwe) oorneem en hul ekonomieë vernietig,” het Ahmadinejad gesê by die opening van ‘n internasionale handelskou in Bulawayo.
“Sommige van daardie onderdrukkende en arrogante state gehoorsaam nie hierdie reëls nie. Hulle het baie swak gedrag. En vandag probeer hulle om wêreld-bronne te besit. Hulle wil nie hê dat die wêreld vrede en voorspoed moet ervaar nie.”
“Maar die wêreld van nasies, insluitende Iran en Zimbabwe, het besluit om ferm te bly staan. Ons glo in algemene beginsels.”
Die handelskou was eens ‘n belangrike vertoning vir beleggings in Zimbabwe, maar het baie afgeneem ná ‘n dekade van ekonomiese vryval.
- Sapa - AFP
Volg Nuus24 op Twitter