Wenner van Marokkaanse verkiesing bekend
2011-11-26 17:11
Marokko – Die Marokkaanse regering het Saterdag bevestig dat die Islamist Justice and Development Party (PJD) dié land se parlementê verkiesing gewen het.
Die party het 80 setels losgeslaan in die nasionale vergadering van 395 setels. Dit is, volgens voorlopige uitslae, meer as enige van die ander partye, het Taib Cherkaoui, minister van binnelandse sake, in 'n mediakonferensie gesê.
Amptenare van PJD het vroeër gesê volgens hulle berekeninge het hulle meer as 100 setels losgeslaan in die land se eerste verkiesing sedert die grondwetlike hervorming wat nou meer mag aan die parlement en die premier gee.
Volgens die nuwe gronwet, wat in 'n referendum in Julie goedgekeur is, moet Koning Mohammed VI nou die premier kies uit die party wat die meeste setels in die parlement gekry het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP