Weermaghoof meen Tsvangirai is n bedreiging

2011-06-23 17:01
Tweets Share Share line Print

Harare – ‘n Top-weermagoffisier en bondgenoot van president Robert Mugabe het Eerste Minister Morgan Tsvangirai daarvan beskuldig dat hy ‘n nasionale sekuriteitsrisiko en ‘n slaaf van die Westelike magte is, het die media Donderdag berig.

“Tsvangirai is nie ‘n politieke gevaar in Zimbabwe nie, maar hy is ‘n sekuriteitsrisiko,” het die Herald-koerant brigadier-generaal Douglas Nyikayaramba aangehaal.

“Hy neem instruksies van buitelanders wat onwettige regeringsveranderinge in Zimbabwe wil aanbring.

“Dit is wat daartoe gelei het dat die sekuriteitsmagte betrokke is, want ons wil ons belange rondom nasionale veiligheid beskerm.”

Nyikayaramba se kommentaar kom nadat Tsvangirai weermaggeneraals Sondag by ‘n veldtog aangemoedig het om te bedank en vir politieke posisies aansoek te doen, eerder as om intimiderende verklarings te maak.

Nyikayaramba het Tsvangirai se opmerkings as “nonsens” bestempel.

Nyikayaramba is vroeër die week uit die land se grondwetbepaling-liggaam verwyder nadat hy gesê het Mugabe moet "vir ewig" as president aanbly.

“President Mugabe sal slegs sy posisie verlaat as hy so besluit of as hy sterf,” het hy gesê.

“Niemand moet op die oomblik praat asof hy gaan uittree nie. Hy het baie vir hierdie land opgegee. Ons sal vir hom sterf om seker te maak hy bly aan bewind.”

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.