Weerlig eis 15 in Nigerië
2011-06-29 19:55
Maiduguri – Volgens die owerhede is 15 mense dood toe hulle
tydens hewige donderstorms in die noordooste van Nigerië deur weerligstrale
getref is.
‘n Woordvoerder van Nigerië se Nasionale Noodbestuuragentskap het gesê die sterftes het in Gombe en Yobe
plaasgevind.
Agt mans, vier vroue en drie kinders is deur
weerlig getref.
Dit is nou die jaarlikse reënseisoen in
Nigerië en storms teister die tropiese suide van die land, sowel as die droëer
noordelike dele.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP