Waghond: Egiptiese weermag het mishandel

2011-02-18 12:48
Tweets Share Share line Print

Kaïro – Gevangenes van Egipte se weermag het gesê hulle is gedwing om hul klere uit te trek en is aan lyfstraf en elektriese skokke blootgestel, volgens getuienis wat Donderdag gepubliseer is.
 
Hulle inhegtenisneming was deel van ‘n veldtog teen betogers etlike dae voor pres. Hosni Mubarak op 11 Februarie verdryf is.

Ná Mubarak se val het die weermag oorgeneem en belowe om oor die komende maande mag aan ’n burgerlike regering oor te gee.

Amnesty Internasionaal, die Londense menseregtegroep, het die weermag versoek om mishandeling van betogers in aanhouding stop te sit en om hulle vry te laat.

“Die Egiptiese owerhede het in die openbaar belowe om ’n klimaat van vryheid en demokrasie na soveel jare van onderdrukking te skep,” het Amnesty se streeksdirekteur, Malcolm Smart, gesê.” Nou moet hulle hul woorde in direkte aksie omsit.”

’n Militêre woordvoerder het Amnesty se bewerings van mishandeling verwerp en ontken die weermag teiken aktiviste of betogers.

“Waarvandaan kom hierdie inligting?” het Lt. Generaal Ismail Etman, woordvoerder vir die weermag, op staatstelevisie gesê. “Geen soldaat sou ‘n hand op die liggaam van ’n burger plaas nie.”

Hy het gesê die weermag het lyste van gevangenes by aktiviste ontvang en is besig om na hulle te “soek”.

Die weermag is op 28 Januarie in Egipte ontplooi om sekuriteit te herstel na die polisie tydens massa-betogings van die strate verdwyn het. Marteling deur polisie en ander sekuriteitsagente is vir jare in Egipte wydverspreid, en griewe in verband met sodanige mishandeling het gehelp om die betogings aan te vuur.

Mohamed El-Khatib (53), ’n regeringswerker, is op 2 Februarie in hegtenis geneem vir die beweerde skending van die snagse klokreël wat voor Mubarak se verdryf deur die weermag afgedwing is.

Hy is by ’n militêre aanhoudingsentrum met stokke geslaan en ondervra oor hoekom hy aan die betogings deelgeneem het, en is daarvan beskuldig dat hy die bewind wou omverwerp.

Op 10 Februarie het hy en dosyne ander gevangenes voor die militêre hof verskyn en opgeskorte drie maande vonnisse gekry.

“Dit was asof hulle vir ons gesê het ons ‘moet dit aanvaar sodat ons julle kan laat gaan’,” het El-Khatib gesê. Hy is sedertdien vrygelaat. “Die weermag moet ons regte terugkry. Ek sal nie stil bly nie. Ek wil my regte hê.”

Volg Nuus24 op Twitter.


- AP

Lees meer oor: egipte  |  weermag  |  betogings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.