Vyf generaals verlaat Gaddafi-regime
2011-05-31 12:52
Rome - Vyf generaals van die Libiese weermag het hul rûe op Muammar Gaddafi se regering gedraai en doen ‘n beroep op van hulle medeoffisiere om dieselfde te doen.
Die Italiaanse departement van buitelandse sake het die twee generaals, twee kolonels en ‘n majoor tydens ‘n mediakonferensie in Rome bekendgestel nadat hulle van Libië na Italië gevlug het.
Genl. Melud Massoud Halasa het gesê Gaddafi se magte is nog slegs 20% so doeltreffend as wat dit voor die rebellie was en dat hy op die meeste nog tien lojale generaals oor het.
Mahmoud Shammam, van die Libiese Nasionale Oorgangsraad, wat ook by die mediakonferensie gepraat het, het gesê ander offisiere het ook na Tunisië ontvlug.
Shammam se bewerings dat daar ook 120 offisiere in die afgelope paar dae gevlug het, kon nog nie bevestig word nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP