Vyf doodgeskiet in aanvalle in Nigerië
2012-07-20 13:01
Kano, Nigerië – Minstens vyf mense, insluitend 'n polisiebeampte, is tydens twee afsonderlike voorvalle in Nigerië doodgeskiet, het die polisie gesê.
"Ek kan bevestig dat drie mense, insluitend ‘n polisiekonstabel, deur vier onbekende mans op twee motorfietse by ‘n verlate fabriek in Kano doodgeskiet is,” het Rilwanu Dutse, polisiewoordvoerder, gesê.
Dutse sê die gewapende mans het teen 17:40 in die fabriek ingery en hul slagoffers geskiet.
“Twee mense is op die toneel dood, terwyl die derde person in die hospital dood is. Die polisie is tans op soek na die verdagtes.”
Alhoewel Dutse geen name genoem het of gesê het wie vir die aanvalle verantwoordelik is nie, is die Islamitiese groep Boko Haram bekend vir soortgelyke aanvalle in Kano, die grootste stad in Noord-Nigerië.
In die tweede aanval, wat in Maiduguri plaasgevind het, het ‘n weermagswoordvoerder gesê dat twee straathandelaars doodgeskiet is deur mans by ‘n mark in die stad.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA