Vyf buitelandse toeriste in Ethiopië vermoor
2012-01-18 09:02
Addis Ababa – Onbekende aanvallers het vyf buitelandse toeriste in die Afar-streek in Ethiopië vermoor, het staatstelevisie Dinsdag berig.
Die buitelanders, wie se nasionaliteite nie bekend is nie, is Maandag in ‘n grensstreek naby Eritrea vermoor, het die departement van verdediging volgens Ethiopiese televisie gesê.
‘n Duitse beampte aan die departement van buitelandse sake het gesê hulle ondersoek verslae wat sê Duitsers was moontlik slagoffers van die aanval.
Die toeriste was deel van ‘n groep. Ander bronne berig oor beserings en moontlike ontvoerings.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP