Vulkaniese as nader Afrika
2010-05-11 11:29
Rabat – Marokko het talle lughawens Dinsdag gesluit weens die vulkaniese aswolk wat noordwes-Afrika nader, het die ministrie van vervoer gesê.
“Die vulkaniese aswolk sal in die volgende paar ure dele van Marokko se lugruimte bereik,” het die ministrie in ‘n verklaring gesê.
Volgens die ministrie is die sluiting noodsaaklik om die veiligheid van passasiers te verseker.
Die reuse-aswolk wat uit die Eyjafjallajökull-vulkaan in Ysland gebars het, het reeds talle lughawens in Spanje geforseer om oor die naweek te sluit.
Verdere probleme word in die volgende paar dae verwag.
- Reuters
Volg Nuus24 op Twitter.