Vrou van Uganda vas vir dwelms
2010-09-14 09:10
Kuala Lumpur – ‘n Vrou van Uganda is in Maleisië in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmsmokkelary.
Die Thaise regering het blykbaar die owerhede in Maleisië laat weet dat die vrou moontlik dwelms in haar bagasie dra.
Volgens Tun Hisan Tun Hamzah, ‘n polisieamptenaar in Penang, is die 56-jarige vrou met 3 kilogram metamfetamien by Penang-lughawe vasgetrek.
Die dwelms, met ‘n straatwaarde van ongeveer R1,7 miljoen was in ‘n geheime kompartement van haar tas versteek.
Volg Nuus24 op Twitter.