Vrou dood, twee beseer in ontploffing
2011-10-18 10:07
Algiers – ‘n Vrou is dood en twee mense beseer nadat ‘n bom langs ‘n pad oos van die Algerynse hoofstad ontplof het, het ‘n Algerynse nuusagentskap berig.
Die bom is glo deur militante groepe geplant wat gereeld in die Boumerdes-distrik, 50 km oos van Algiers, gesien word.
Dit het ontplof toe ‘n 40 jarige vrou, haar man en kind Maandag in ‘n motor verby gery het.
Die omgewing is glo 'n vesting vir Al-Kaïda se Noord-Afrika-tak.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP