Voortvlugtige Soedannese leier se vliegtuig moet omdraai

2011-06-28 09:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Pres. Omar el-Basjhir van Soedan, ’n voortvlugtige voor die interna­sionale reg, het hom Maandag so byna vasgeloop.

Die Soedanse departement van buitelandse sake het bevestig dat El-Basjhir se vliegtuig, wat met hom na China op pad was, na Teheran in Iran moes omdraai omdat daar “probleme” met sy oorvlugreg oor Toerkmenistan was.

Die Internasionale Strafhof (IS) het twee jaar gelede ’n lasbrief vir El-Basjhir se inhegtenisneming uitgereik.

Hy word onder meer van volksmoord en oorlogmisdade aangekla.

Die staatsleier is na bewering verantwoordelik vir die moorde op en uitdrywing van honderdduisende Soedannese uit hul tradisionele gebiede.

El-Basjhir was op pad na Beijing vir ’n staatsbesoek van vier dae en samesprekings met pres. Hu Jintao van China, maar het nie gister op die bestemde tyd opgedaag nie.

Ingevolge die internasionale lasbrief, soortgelyk aan dié wat Maandag teen kol. Muammar Gaddafi van Libië uitgereik is, kan hy te enige tyd in en deur enige land in hegtenis geneem en aan die hof in Den Haag uitgelewer word.

China, Iran en Toerkmenistan is egter nie ondertekenaars van die Rome-statuut ingevolge waarvan die IS gestig is nie.

Hulle is nie regtens onder die verpligting om hom in hegtenis te neem en uit te lewer nie.

Verskeie nie-lede van die Rome-statuut het egter reeds te kenne gegee dat El-Basjhir in hul lande onwelkom is.

Volgens die Soedanse departement van buitelandse sake sal El-Basjhir egter wel sy reis na Beijing hervat waar hy sal probeer keer dat China ’n olie-ooreenkoms met Suid-Soedan aangaan.

Suid-Soedan word op 9 Julie ’n onafhanklike land.

Dit sal die vorige dag van El-Basjhir se Noord-Soedan afstig.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: soedan  |  china

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.