Voormalige minister vrygelaat op borgtog
2010-09-01 04:03
Niamey – Niger se voormalige minister van finansies, Ali Lamine Zene wat van korrupsie en geld verduistering aangekla is, is Dinsdag vrygelaat op borgtog.
Dit kom nadat dié minister Donderdag in hegtenis geneem is.
Volgens die plaaslike media het die kommissie op ekonomiese en finansiële misdrywe (EFCC) ‘n saak teen Lamine Zene gemaak.
Lamine Zene was die minister van finansies onder die voormalige president van Niger, Mamadou Tandja.
Tandja is in Februarie vanjaar uit sy amp gestoot tydens 'n staatsgreep en daarna deur die militêre junta in Niger in hegtenis geneem.
Garba Lompo, voormalige minister van justisie, is onder andere ook in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA