Naomi se eks-agent ‘lieg om saak te versterk’

2010-08-11 10:00
Tweets Share Share line Print

Leidschendam (Nederland) – Die supermodel Naomi Campbell se voormalige agent het Dinsdag teruggeveg toe sy onder kruisverhoor van leuens beskuldig is in die saak teen oudpres. Charles Taylor van Liberië.

Die verdediging het aangevoer Carol White het gejok omdat dit haar eie hofsaak teen Campbell sal bevoordeel, maar sy hou vol die supermodel het geweet Taylor het vir haar die diamante gestuur.

Taylor staan voor die Sierra ­Leone-tribunaal tereg op 11 aanklagte van oorlogsmisdade wat verband hou met die burgeroorlog in Sierra Leone.

Hy word beskuldig dat hy bloeddiamante ontvang het in ruil vir steun aan die rebelle in sy buurland. Hy ontken skuld.

White het gesê sy was by in 1997 toe Campbell vir Jeremy Ractliffe, destyds hoof van die Nelson Mandela-kinderfonds, gesê het die diamante wat sy aan die organisasie wil skenk, kom van Taylor.

Campbell het verlede week getuig sy het nie geweet waar die “steentjies” vandaan gekom het of hoeveel hulle werd is nie.

Taylor se prokureur, Courtenay Griffiths, het gesê White lieg omdat sy haar saak teen Campbell, waarin sy haar vir miljoene dollars dagvaar weens kontrakbreuk, wil versterk. “Dis ’n spul leuens en jy het dit opgemaak,” het hy gister gesê. “Om dit reguit te sê: dit gaan alles vir jou om geld.”

White het aan die hof gesê sy praat die waarheid en dat sy die storie in 1997 vir vriende vertel het, want “dit was toe snaaks”.

“Dit het niks te doen met my sake-argument met Naomi Campbell nie,” het sy gesê.

Mia Farrow het Maandag ook getuig dat Campbell vir haar gesê het sy het ’n “reuse-diamant” by Taylor gekry.

Die statute van die tribunaal maak geen melding van meineed nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.