Voormalige Nigerynse president sterf op 71
2011-11-01 13:12
Niamey – Ali Saibou, wie van 1987 tot 1993 die president van Niger was en 'n veelpartystelsel in dié land gevestig het, is Maandag in Niamey dood, het die presidentskantoor aangekondig.
“Dit is met groot hartseer dat die staatshoof, Mahamadou Issoufou, die dood van Genl. Ali Saibou, die voormalige president van die republiek, aankondig,” het die verklaring, wat op staatstelevisie uitgesaai is, gelui.
Drie dae van nasionale rou is aangekondig om Saibou te vereer. Hy sal in Dingajibanda, sy geboortestad in die weste van Niger, begrawe word.
Saibou is in 1987 aangewys as die opvolger van pres. Seini Kountche, wat aan kanker dood is.
Hy het hom ná sy aftrede van Niger se politieke arena onttrek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP