Voedselkrisis dreig in Niger
2011-12-25 14:45
Niamey – Meer as die helfte van Niger se plaasnedersettings staar voedseltekorte oor die volgende paar maande in die gesig, het Oua Seydou, minister van landbou, aan die parlement gesê.
Dít word toegeskryf aan swak oeste.
Inwoners van 6 981 nedersettings, of 58% van die totaal, staar 'n voedselkrisis in die gesig nadat graanproduksie oor die laaste jaar met 27% gedaal het.
Teen 3,8 miljoen ton, wat die oes ook 11% minder op die gemiddeld vir die afgelope vyf jaar, het Seydou gesê.
'n Geraamde 3 239 825 ton sal beskikbaar wees vir die mense in die land, terwyl 3 759 464 benodig word, het hy gesê.
Seydou het die swak oes toegeskryf aan droogte en aanvalle deur plae en springkane.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP