Vloedgevaar in Namibië
2010-04-01 18:34
Windhoek - ’n Voortydige vloedwaarskuwing is Woensdag aan inwoners van Oshakati en omgewing gerig te midde voortgesette reën in Angola.
Behalwe dat die vlak van die Kavangorivier by Rundu ook aanhou klim, het staatshidroloog Guido van Langenhove terselfdertyd vermaan dat die sakkende Zambezirivier ook weer kan begin styg ná hernude neerslae in die reuse wateraar se opvangsgebied.
Waarnemers hou die vloei van die efundja reeds vir dae besonder fyn dop weens goeie neerslae in Angola en Namibië self, het die Republikein berig.
Lees meer hier.