Vloedgevaar bedreig Mosambiek weer

2010-03-13 09:51
Tweets Share Share line Print

Cobus Coetzee en Sapa-AP

Johannesburg - Altesaam 13 000 hawelose mense in Mosambiek is deur die land se regering na hoër gebiede verskuif ná swaar reën die afgelope paar weke in veral buurlande soos Zambië geval het en ’n erge vloedgevaar inhou.

Die Mosambiekse regering het Dinsdag ’n waarskuwing uitgestuur oor moontlike vloede in dié land.

Meer as 130 000 Mosambiekers bly in ’n gebied wat deur vloede bedreig word.

Die sentrale en noordelike provinsies Tete, Manica, Sofala, Zambezia, Nampula en Inhambane kan deur dié vloede geraak word.

Volgens owerhede is 800 mense gister reeds deur die stygende vloedwaters vasgekeer.

Die Karibadam in Zimbabwe was verlede week reeds 73% vol en die Cahora Bassa-dam in Mosambiek 72,5%.

Watervlakke in die Karibadam het sedert begin Maart met 3,4% gestyg, lui ’n verslag van die VN se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Kwessies (OCHA).

Mnr. Elias Mabaso, ’n amptenaar van OCHA, het gister gesê die meeste damme in die Zambezi is nog nie meer as 80% vol nie.

“Sou dit gebeur, sal meer sluise opgemaak moet word, wat erge vloede verder af met die rivier in Mosambiek kan veroorsaak,” het hy gesê.

Die Mosambiekse weerdiens voorspel swaar reën kan tot 15 Maart in die provinsies Zambezia, Nampula, Niassa en Cabo Delgado voorkom, maar dat die nat weer sal opklaar.

Mosambiek het die week gesê die dorp Chiramba, waar 6 500 mense bly, het dringende humanitêre bystand nodig.

Die dorp is slegs met kano’s bereikbaar en is heeltemal deur vloedwaters van die res van die land afgesny.

Die Zambezirivier is tans 5,99 m diep by Katima Mulillo. Die gemiddelde diepte vir dié tyd van die jaar is 3,78 m.

Die Pungwe-, Buzi- en Saveriviere noord van die vakansiedorp Vilanculos is ook in vloed.

Volgens Mabaso is dit die derde agtereenvolgende jaar wat Mosambiek erge vloede beleef.

    * Die land se suidelike provinsies is 10 jaar gelede op hul knieë gedwing toe die land deur ’n sikloon en erge vloedwaters van sy buurlande getref is.

- Die Burger

Lees meer oor: vloede  |  natuurrampe

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.