Vloede teister Oos-Afrika
2010-03-07 21:02
Nairobi - Stortreën regoor Oos-Afrika het kitsvloede veroorsaak wat reeds verskeie huise, brûe en lewens in hierdie omgewing verwoes het.
Die jaarlikse reënseisoen het vanjaar sterker neergekom as van te vore. Na bewering word daar reeds gevrees dat sowat 300 mense in die ooste van Uganda gesterf het nadat swaar reën hierdie week daar neergestort het.
Die reën het ook verskeie modderstortings geaktiveer wat klein dorpies heeltemal begrawe het.
Kundiges het egter gewaarsku dat die vloede nog lank nie verby is nie en dat erge donderstorms vir die volgende paar weke voorspel word.
– Sapa, AFP