Vloede saai verwoesting in Senegal
2012-08-28 21:16
Dakar – Senegal se president, Macky Sall, het 'n privaatbesoek aan Suid-Afrika kortgeknip nadat erge vloede die lewe van minstens 13 mense in die land geëis het, het sy kantoor Maandag gesê.
Sall "sal môre (Dinsdag) weens die vloede na Dakar terugkeer. Hy sou vandag (Maandag) terugkeer, maar sy vliegtuig was nie beskikbaar nie," het 'n bron in die presidensiële kommunikasiediens gesê.
Minstens vier mense in die land is Sondag dood nadat swaar reën eiendom beskadig het, het die nasionale metereologiese kantoor gesê.
Inwoners het Sondag en Maandag in Dakar betoog omdat owerhede volgens hulle nie vinnig genoeg reageer het nie, het 'n ooggetuie gesê. Die polisie het traangas gebruik om die groep uiteen te jaag.
In verskeie plekke, soos die Dakar en woonbuurte soos Touba en Fatick in die sentrale van die land is paaie en huise verwoes.
Sall het Vrydag die land verlaat, maar hy sal betyds terug wees vir Donderdag se kabinetsvergadering, het sy kantoor gesê.
Sondag se sterftes bring die dodetal van die afgelope twee weke op 13 te staan.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA