Vloede in Namibië ontwrig 400 000

2011-05-09 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die ware omvang van vloedskade in die noorde van Namibië word stadig bekend namate owerhede in moeilik bereikbare dele van die land begin ondersoek instel.

Konserwatiewe ramings dui daarop dat die lewe van tussen 100 000 en 200 000 mense deur die oorstromings ontwrig is, maar kenners sê die ware getalle kan so hoog as 400 000 wees, berig Die Republikein.

Dit is meer mense as wat in die vloede van 2009 – ook in die noorde van die land – ontwrig is.

Die Verenigde Nasies (VN) se Sentrale Noodfonds (CERF) het reeds sowat R8 miljoen bewillig om die land se owerhede by te staan. Dit sluit hulp in vir die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) en die Kinderfonds (Unicef) in Namibië.

CERF het met die aankondiging van dié skenking gesê veral gesondheidsgevare en voedsel­sekuriteit in noordelike streke bied rede tot kommer.

Dr. Magda Robalo, WGO-verteenwoordiger in Namibië, het in ’n verklaring gesê die dalende watervlakke bring verligting, maar dit beteken nog nie dat mense buite gevaar is nie.

“Toegang tot mediese hulp is beter, maar daar is steeds kommer oor moontlike gesondheidsrisiko’s, soos ’n siekte-epidemie.”

Cholera-gevalle is byvoorbeeld reeds in die suide van Angola aangemeld.

Verder het Robalo daarop gewys dat belangrike dienste, soos immunisering vir kinders, sorg vir swanger vroue en die behandeling vir chroniese toestande, soos diabetes, tuberkulose en MIV/vigs, ook dadelik aandag moet kry.

In dieselfde verklaring word gewaarsku teen ’n toename in malaria, aangesien muskiete in stilstaande water uitbroei.

Swaar reën het ook in die sentrale en suidelike gebiede van die land uitgesak.

Volgens tourbrief.com, ’n webwerf wat toeriste op hoogte hou die land se paaie en riviervlakke, is die parkeerterrein vir nie-vierwielaangedrewe voertuie by Sossusvlei gesluit.

Hoewel nog reën vir die suide van die land voorspel word, is toeroperateurs wat staptoere in die Visrivier-skeurvallei reël, vol vertroue dat geen kansellasies in die komende winterseisoen nodig sal wees nie. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: vloede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.