Vloede in Algerië eis nege
2009-09-12 17:46
Algerië – Vloedwaters in Algerië het agt mense meegesleur en een persoon is deur weerlig getref nadat erge donderstorms die suidweste van Algerië getref het, het die burgerlike verdedigingsagentskap Saterdag gesê.
Vier mense het ook by El Bayadh verdrink.
‘n Vrou en haar dogter en twee manlike familielede is ook dood toe hulle voertuig deur skielike vloedwaters in ‘n rivierbedding in Naama, 600km suidwes van die hoofstad, weggespoel het.
Die dodetal staan nou op nege vanaf Dinsdag.
Die storms het ook die buurland Marokko getref, waar vyf mense dood is.
- Sapa-AFP