Vloede eis 26 in Kenia
2010-01-05 00:19
Nairobi – Vloede wat as gevolg van swaar reënval ontstaan het, het die lewens van sowat 26 mense in die noorde van Kenia geëis.
Owerhede vrees egter dat die sterftesyfer kan styg omdat heelwat mense steeds vermis is.
Volgens die Rooikruis in Kenia het meer as 30 000 mense hulle huise as gevolg van die reën en vloede verloor.
Die Kerio-rivier het oorstroom en verskeie dorpies op sy oewer weggespoel.
Weens die feit dat verskeie brûe en paaie tydens die vloede verwoes is, is dit moeilik vir nooddienspersoneel om die slagoffers te bereik.
Swaar reënval word vir die res van Januarie voorspel.
–Sapa, dpa