Vloede dood 20 in Tanzanië
2009-11-12 03:34
Dar es Salaam -Vloede en modderstortings ná drie dae se reën, het die lewens van minstens 20 mense geëis. 10 mense is steeds soek.
Sewe skoolkinders is onder die oorledenes in Goha, Tanzanië se Kilimanjaro-streek.
Sewe huise in dié gebied is oorstroom deur modder en water. 18 lyke is uit die huise gehaal en twee lyke is later in 'n rivier gevind.
"Ons soek nog vermiste mense of lyke," het 'n beampte gesê.
– Sapa-AFP