Vinger gewys na Nigeriese regering

2012-01-03 07:46
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Sektariese geweld in Nigerië wat op Kersdag tot die dood van minstens 49 mense gelei het, is ’n bewys van wat kan gebeur as ’n regering nie betyds daadwerklik teen gewelddadige godsdiens­tige sektes optree nie.

Al het pres. Goodluck Jonathan belowe dat die militante Boko Haram-sekte “uitgewis” sal word, was dit sý regering wat die afgelope paar jaar toegelaat het dat die groep groei tot waar dit vandag is, sê prof. Hussein Solomon, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat.

“Die Nigeriese regering het sy oog van die bal af laat dwaal. Nou het Boko Haram van ’n gewelddadige sekte tot ’n goed georganiseerde groep gegroei wat ’n beduidende bedreiging vir die nasionale sekuriteit in Nigerië inhou,” het Solomon gesê.

Die aanvalle op Kersdag het begin met ’n bomontploffing in ’n Roomse kerk in Madalla naby die hoofstad, Abuja. Kort daarna het ’n tweede bom in die stad Jos ontplof, terwyl ’n selfmoordbomaanval op ’n basis van die veiligheidspolisie in die noordooste van die land gedoen is.

Die aanvalle het daartoe gelei dat die Christen-bevolking van die land met vergelding dreig, wat volgens kenners ’n onhoudbare situasie in die land kan teweegbring.

Boko Haram se doelwit is dat al 36 provinsies in Nigerië onderworpe sal wees aan sjaria-wetgewing, pleks van net die 12 noordelike provinsies waar dit tans die geval is.

Nadat die groep in Augustus ook die verantwoordelikheid vir ’n bomaanval op die hoofkantoor van die Verenigde Nasies in Abuja aanvaar het, het dit duidelik geword dat die groep se doelwitte en dié van Al-Kaïda dieselfde geword het.

Dit stem ook ooreen met die aanvalle van Aqim (Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb) en Al-Shabaab in Somalië.

Volgens Solomon het die groep gegroei terwyl die Nigeriese polisie net meer kragdadig geword het sonder dat die optrede intelligensie-gedrewe was.

“Dit het beteken dat onskuldige Moslems in die noorde slagoffers van polisie-wreedheid geword het sonder enige uitwerking op Boko Haram.

“Van Jonathan se maatreëls – soos om van die land se grense teen infiltrasie deur terreurgroepe te sluit en om ’n noodtoestand af te kondig – maak sin, ook dat hy ’n nuwe teen-terreur-eenheid in die weermag tot stand wil bring.

“Niemand weet egter enigiets van die sekte, sy leiers of sy organisasie nie. Dit is dus ’n haas onmoontlike taak vir die polisie om teen ’n bedreiging op te tree waarvan hy geen kennis het nie,” sê Solomon.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.