Vier sterf in geweld in Egipte

2012-02-04 11:45
Tweets Share Share line Print

Kaïro – Vier mense is Vrydag dood in ’n tweede dag van geweld in die omgewing van die Egiptiese ministerie van binnelandse sake hier.

’n Betoger en ’n soldaat is Vrydag  dood, terwyl twee mense in die stad Suez doodgeskiet is nadat die polisie skerppunt-ammunisie gebruik het om te keer dat ’n skare ’n polisiekantoor bestorm.

Skerppunt-ammunisie is ook in skermutselings voor die hoofkwartier van die staatsveiligheidspolisie gebruik, het ooggetuies en die ambulansdienste gesê. Die betogers het die polisie met groot klippe bestook.

Die geweld van die laaste twee dae is is uit protes teen die dood van 74 mense Woensdagaand in Port Said in die ergste sokkergeweld ooit in Egipte. Sowat 1000 sokkerondersteuners is beseer.

Ambulanspersoneel het lede van die onluspolisie gered nadat hul voertuig per ongeluk in die middel van ’n groep betogers beland het. Die betogers het die voertuig 45 minute lank omsingel en dit rondgestamp.

Sommige van die betogers het ’n menseketting gevorm sodat die polisielede veilig kon wegkom.

Altesaam 28 jeuggroepe en politieke partye het ’n massabetoging uitgeroep vir wat hulle die “Vrydag van Woede” gedoop het.

Byna 400 mense is sedert Donderdag in geweld beseer, het die minister van gesondheid gesê.

Geharde sokkerondersteuners, wat as Ultras bekend staan en gereeld in skermutselings met die polisie betrokke is en aan die voorpunt was van die opstand teen die Moebarak-bewind, het gesê hul betogings sal voortgaan.

“Die misdade wat teen die revolusionêre magte gepleeg is, sal nie die revolusie stuit nie,” lui ’n Ultras-pamflet.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: egipte  |  geweld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

K3/K4 SAP FI Consultant

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R500000 - R650000

K2 SAP FICO Consultant

South Africa. Durban
Hire Resolve
R250000 - R350000

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.