Vier VN-beamptes in Soedan geskiet
2011-05-11 13:00
Kartoem - Vier beamptes van die Verenigde Nasies (VN) is geskiet en erg beseer in die suide van Soedan terwyl hulle op ‘n patrollie in Abyei was.
Farhan Haq, ‘n woordvoerder vir die VN het gesê die VN-lede is van Zambië af. Hulle is ontruim om mediese hulp te kry. Dit was nie dadelik bekend in watter toestand die vier beamptes is nie.
Hy het gesê die identiteit van die aanvallers kon nog nie vasgestel geword het nie.
Die patrollie was van Diffra op pad na Abyei. Die aanval het naby Gali gebeur, het Haq gesê.
Die VN het die aanval veroordeel en ‘n noodvergadering sal oor die voorval gehou word, het Haq gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP