Verwoestende brand lê groot mark in puin
2011-08-01 13:23
Kampala – ‘n Brand het Sondag verwoesting gesaai in een van Uganda se grootste marke in Kampala, met handelsware van duisende rande wat verwoes is, het handelaars en die polisie gesê.
Everest Kayondo, die voorsitter van die Kampala Stadshandelaarsvereniging, het gesê dat die brand Sondag in die vroeë oggendure deur Kampala se Owino-mark beweeg het.
Duisende stalletjies wat hoofsaaklik klere en huishoudelike goedere aangehou het, is verwoes.
“Dit is onsettend sleg. Alles is weg. Niks kon gered word nie,” het Kayondo gesê.
Kayondo het gesê dat niemand beseer is nie, maar dat sowat 10 000 handelaars deur die ramp geraak is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP