Vermiste vlieënier in Soedan aangehou
2010-07-29 17:30
Moskou - 'n Beampte sê 'n Russiese helikoptervlieënier wat verdwyn het terwyl hy vir die Verenigde Nasies gewerk het, word aangehou deur militia wat lojaal is aan die Soedannese regering.
Die vlieënier het kommandeurs vir vredesamesprekings met die regering vervoer, toe sy helikopter Maandag in die verkeerde plek in Soedan se plofbare Darfoer-streek geland het.
Die VN sê die bemanning en passasiers is na 'n militêre kamp van die regering geneem, maar dit is onbekend waar die vlieënier aangehou word.
Rusland se spesiale verteenwoordiger oor Soedan, Mikhail Margelov, het gesê die vlieënier se lewe is nie in gevaar nie.
Margelov het gesê die vlieënier word deur die janjaweed-militia aanhou.
Dié groep eis dat Soedan agterstallige salarisse betaal voor hulle die vlieënier vrylaat.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP