Verkiesing in Egipte uitgestel
2011-07-14 11:10
Kaïro – Egipte se tyssentydse heersers het besluit om die parlementêre verkiesing wat vir September geskeduleer is, met twee maande uit te stel, het ‘n militêre beampte Woensdag gesê.
“Daar is besluit om verkiesings... volgende Oktober of November te hou,” het Mena, die amptelike nuusagentskap in Egipte, berig.
Die beampte het gesê die militêre raad wat mag oorgeneem het nadat Hosni Mubarak in Februarie die tuig neergelê het, “gaan hou by sy besluit vroeër dat die verkiesingsproses binne ses maande ná die grondwetlike verklaring van Maart sal begin.”
“Dit beteken dat die verkiesingsproses... voor die einde van September sal begin.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP