Verdagtes vas vir Nigeriese bomaanvalle
2011-11-09 14:19
Abuja – Die Nigeriese polisie het Dinsdag gesê hulle het lede van ‘n Moslem-sekte in hegtenis geneem wat na bewering verantwoordelik is vir aanvalle wat 65 mense dood gelaat het.
Die militante groep Boko Haram het gesê hulle het Vrydag die skietery en bomaanvalle in die stad Damaturu uitgevoer.
“Verdagtes is in hegtenis geneem,” het die polisiewoordvoerder Yemi Ajayi gesê. “Ons kan egter nie bekendmaak wie, hoeveel of hoe hulle by die voorvalle betrokke was nie.
‘n Noodbestuuragentskap in die land het gesê die dodetal van die aanvalle is 65. Die aanvalle het 63 mense in Damaturu dood gelaat en twee ander mense is in ‘n buurdorp gedood.
– Volg Nuus24
op Twitter.
- Reuters