Verdagte Islamitiese sekte skiet tronkwag dood
2011-05-27 12:24
Kano - Gewapende mans wat glo deel is van die Boko Haram Islamitiese sekte het Donderdag ‘n tronkwag in die noordooste van Nigerië doodgeskiet, het polisie gesê.
Die mans, wat op motorfietse gery het, het die wag doodgeskiet terwyl hy vir sy werkgewer se kinders gewag het buite hulle skool, het Lawal Abdullahi, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.
“Die wag het voor in sy kar buite die privaatskool van sy baas se kinders gesit. Hy het gewag om hulle huis toe te vat toe hy geskiet is. Die aanvallers, wat moontlik deel van Boko Haram is, het hom saam met die kar verbrand,” het Lawal gesê.
Beamptes blameer ook die groep vir bomaanvalle en skietgevegte gemik op weermag- en polisiepersoneel, gemeenskaps- en godsdienstige leiers en politici.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP