Venezuela erken nie Libiese regering
2011-10-27 11:17
Caracas – Hugo Chavez, die president van Venezuela, het gesê hy sal nie Libië se nuwe regering erken nie en voorspel dat daar nog lank oorlog in die land gaan wees.
Chavez het gesê in Venezuela se opinie “is daar geen regering in Libië nie.”
Hy het die moord op Muammar Gaddafi, sy jarelange vriend, veroordeel.
Chavez het Gaddafi regdeur die konflik in Libië verdedig en het Navo se militêre betrokkenheid in die land telkemale veroordeel.
Chavez het Woensdag gesê dat Navo deur die konflik “’n regering in Libië ingestel het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP