VSA verleng sanksies teen Zim met ’n jaar

2010-03-03 07:16
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Amerikaanse sanksies teen pres. Robert Mugabe en sy senior volgelinge is met nog ’n jaar verleng.

Dit kom nadat pres. Jacob Zuma en Mugabe se aartsteenstander en Zimbabwiese premier, Morgan Tsvangirai, vir ’n opheffing van die strafmaatreëls gevra het.

Pres. Barack Obama het Dinsdag in ’n verklaring gesê die voortgesette optrede deur Mugabe en sy luitenante “bly ’n regstreekse bedreiging vir die VSA se buitelandse beleid en belange.”

Obama se optrede volg enkele weke nadat die Europese Unie (EU) ook besluit het om geteikende sanksies nog ’n jaar lank teen Mugabe se familie, senior leiers van Zanu-PF en die topstruktuur van Zimbabwe se veiligheidsdienste in stand te hou.

Onder die sanksies is ’n verbod op internasionale reise, die bevriesing van individue se bates in die VSA en Europa en ’n verbod op handel met minstens 17 groot Zimbabwiese maatskappye.

Obama het na Mugabe verwys as ’n diktator wat Zimbabwe se ekonomie en sy demokratiese instellings en prosesse bly ondermyn.

Die Amerikaanse besluit om die EU se voorbeeld te volg, kom ten tyde van Zuma se ampsbesoek dié week aan Brittanje, waar hy die Britse regering na verwagting gaan versoek om sanksies teen Zimbabwe op te hef.

Zuma het voor sy vertrek na Londen te kenne gegee dat die behoud van sanksies pogings bemoeilik om ’n skikking in Zimbabwe se jaar lange regeringskrisis te bewerkstellig.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het Zuma getaak om die voortslepende geskille tussen Mugabe en Tsvangirai by te lê.

Mugabe dring egter daarop aan dat Tsvangirai die VSA en die EU oorreed om sanksies te laat vaar voordat hy (Mugabe) enigsins verder onderhandel.

Zuma het reeds aangedui dat die geskille tussen dié twee leiers so groot is dat ’n verkiesing gehou moet word om ’n nuwe regering aan te wys. Mugabe is gekant teen so ’n verkiesing totdat sanksies opgehef is.– Media24-Afrika-kantoor en Reuters

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: robert mugabe  |  zimbabwe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.