VSA staak geld vir MIV/Vigs

2010-02-09 01:47
Tweets Share Share line Print

Kampala – 'n Beleidsverandering in die VSA sal moontlik sommige dokters en aktiviste wat met MIV/Vigs-pasiënte in Afrika werk, sonder geld of medisyne laat.

President George W. Bush se PEPFAR-befondsingsbeleid vir MIV/Vigs op die kontinent het oorspronklik klem gelê op noodbehandeling en die verskaffing van medisyne aan pasiënte.

Onder dié beleid het Uganda byvoorbeeld tussen 2003 en 2008 ongeveer $929 miljoen (R7,2 miljard) ontvang. Die geld is gebruik om sowat 150 000 mense met anti-retrovirale middels te voorsien.

"George W. Bush is 'n held in hierdie land," het Peter Mugyenyi, die hoof van 'n Vigs-behandelingskliniek in Uganda, gesê.

Maar, alhoewel die PEPFAR-beleid toegang tot medisyne verbreed het, het nuwe MIV-infeksies toegeneem.

Toe die PEPFAR-beleid moes hernu word, het president Barack Obama dus besluit om eerder meer hulpbronne daarop toe te spits om nuwe infeksies te voorkom.

Maar, met meer geld wat op voorkomende inisiatiewe spandeer word, sal minder geld op die behandeling van pasiënte spandeer moet word.

Alhoewel pasiënte wat reeds medisyne van PEPFAR ontvang het nogsteeds verniet behandeling sal ontvang, is meeste klinieke gesê hulle sal nuwe pasiënte moet wegwys.

Dokters en aktiviste soos Mugyenyi is hoogs ontsteld oor die beleidsverandering, en sê die VSA het hul beloftes teenoor Uganda verbreek.

"Die belangrikste ding is die beskikbaarheid van behandeling. Enige ander program, maak nie saak wat hulle dit noem nie, sal misluk."

Lynne McDermott, 'n PEPFAR-woordvoerder wat in Kampala gebasseer is, sê die VSA kan eenvoudig nie aanhou om 'n groeiende hoeveelheid pasiënte te behandel nie, en dat die land altyd 'n medisyne-tekort in die gesig sal staar tensy die hoeveelheid nuwe infeksies begin afneem.

Mugyenyi het gesê hy is besig om "paniekerig" te raak.

"Ons is op pad na 'n slagting. 'n Slagting wat vantevore gestop is," het hy gesê. "Daar is geen voorkomende program wat sonder behandeling suksesvol kan wees nie."

– Sapa-AFP

Lees meer oor: hiv vigs  |  uganda  |  pepfar

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C200 Elegance
2002
R 131,579.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2009
R 139,950.00

DODGE

Caliber 2.0 SXT 5-dr MY10
2011
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.