VSA: Militante kan nou ander Afrika-lande teiken
2010-07-14 00:48
Washington – Die FBI en die VSA se departement van sekuriteit het gewaarsku dat as die Somaliese militantegroep al-Shabab verantwoordelik is vir die dodelike aanvalle in Uganda, dit beteken dat die groep daartoe in staat is om suksesvolle aanvalle in Afrika en ander lande uit te voer.
Hierdie aanval sal al-Shabab se eerste suksesvolle aanval buite Somalië wees, het ‘n intelligensie-analise getoon.
Al-Shabab het verantwoordelikheid vir die aanvalle geneem en het ‘n beroep op Uganda gedoen om hul Afrika Unie vredesbewaarders uit Somalië te onttrek.
Die FBI het gesê dat hulle tans saam met ander VSA regeringsamptenare oorsee werk om ontwikkelinge te monitor.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP