VS veroordeel aanval op Guinee-president
2011-07-19 21:54
Washington – Die Verenigde State het die aanval op die Guineese president, Alpha Conde, Dinsdag ten sterkste veroordeel.
Dit was die hoop dat Conde se verkiesing verlede jaar ‘n keerpunt in die land se onstabiele politieke situasie sou wees.
“Die Verenigde State veroordeel die klaarblyklik sluipmoordpoging op president Conde in die sterkste terme,” het ‘n woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Heide Bronke Fulton, gesê.
“Dit is onaanvaarbaar om ‘n demokraties verkose regering deur middel van mag en geweld te prober omverwerp,” het sy gesê.
Een persoon is dood toe ‘n skietgeveg tussen by die president se huis in die Wes-Afrika-land uitgebreek het.
Conde se kamer is bestook met vuurpyle en grenate, maar hy het aan ‘n Franse radiostasie gesê hy het die voorval oorleef omdat hy nie daar geslaap het nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP