VN waarsku Nigerië teen bevolkingsontploffing
2011-05-24 12:14
Lagos - Ban Ki-moon, die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, se spesiale adviseur het Maandag Nigerië gewaarsku teen ‘n bevolkingsontploffing.
Hy meet die huidige bevolking van 158 miljoen kan teen die jaar 2100 groei tot 730 miljoen.
“Ek is regtig bekommerd oor ‘n bevolkingsontploffing in Nigerië. Dit is nie gesond nie. Nigerië moet mik om ‘n maksimum van drie kinders per gesin te hê,” het Jeffrey Sachs gesê.
Hy het gesê dat 'n verhoogde jaarlikse ekonomiese groeikoers bo die huidige 7% af en geïntegreerde ontwikkeling die land een van die belangrikste ekonomieë in die 21ste eeu kan maak.
President Goodluck Jonathan, wat Sondag ‘n vierjaar-mandaat gaan begin, het gesê hy gaan Nigerië se ekonomiese span lei.
“Na my inhuldiging Sondag sal ek die voorsitter van die ekonomiese span wees wat saamgestel is uit belangrike regering- en privaatsektorlede.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP