VN vredesmag oor 'n jaar uit die DRK
2010-03-04 12:03
Kaapstad - Die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Verenigde Nasies het begin om die onttrekking van die VN se vredesmag uit die area uit te bespreek, berig die BBC.
Die vredesmag, Monuc, het die grootste aantal vredestroepe van enige ander VN-operasie in die wêreld.
Monuc se huidige mandaat is veronderstel om in Mei te eindig.
Hul volgende mandaat sal ‘n strategie van ontruiming insluit en Monuc hoop om binne ‘n jaar dié laaste operasie te voltooi.
Kliek hier vir die volledige storie.