VN vra hulp om rebelleier te soek
2010-05-31 18:19
Kampala, Uganda - Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moon, het 'n beroep op Afrika-nasies gedoen om saam met die Internasionale Kriminele Hof (IKH) te werk om 'n voortvlugtige Ugandese rebelleier vas te trek.
Die IKH soek die leier van die Lord's Resistance Army, Joseph Kony, en van sy kommandeurs op aanklag van moord, verkragting en mutilasie.
Ban het Maandag 'n beroep op ander lande gedoen om by die hof in Den Haag aan te sluit.
Afgevaardigdes van meer as 100 lande het 'n beraad in Kampala bygewoon om dié hof te bespreek.
– Sapa-AP
Volg Nuus24 op Twitter