VN prys Kenia se aansluiting by AU-sending
2011-12-09 22:55
Nairobi – Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het Donderdag Kenia se besluit om by die Afrika-unie se magte aan te sluit, geprys.
Die magte is in ‘n stryd gewikkel teen rebellegroepe in die suide van Somalië, het ‘n VN-woordvoerder gesê.
“Hy het Kenia se besluit om by die Afrika-unie se sending in Somalië aan te sluit, geprys,” het die woordvoerder in ‘n verklaring gesê.
Die verklaring is uitgereik kort nadat Ban Ki-moon, pres. Mwai Kibaki van Kenia en Moses Wetangula, die minister van buitelandse sake, in Nairobi vergader het.
Die Afrika-unie – wat tans uit Ugandese en Burundiese troepe bestaan – is die eerste keer in 2007 ontplooi en bestaan uit 9 700 soldate. Sy volle kapasiteit is egter 12 000.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP