VN mag humanitêre hulp aan Tripoli verskaf
2011-04-18 17:02
Budapest – Ban Ki-moon, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het gesê die VN het ‘n ooreenkoms met die Libiese regering aangegaan om humanitêre hulp in die land se hoofstad, Tripoli, beskikbaar te maak.
Ban het Maandag gesê dat die ooreenkoms om “’n humanitêre teenwoordigheid” in Tripoli vas te stel Sondag deur sy spesiale gesant aan Libië en Valerie Amos, die VN se humanitêre hoof, gemaak is.
Die VN is reeds besig om hulp in Benghazi, wat deur die rebelle beheer word, te verskaf. Die basiese behoeftes wat duisende mense in Libië word nie aan hulle verskaf nie, het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AP