VN eis dat Kartoem troepe van grensgebied onttrek
2011-05-23 22:29
Juba - Die Verenigde Nasies eis dat Kartoem sy troepe uit Soedan se Abyei-distrik onttrek nadat die suide gesê het troepe van die noorde het die grensgebied binnegeval.
‘n Besoekende afvaardiging van die VN Veiligheidsraad het Sondag gesê hulle is “baie, baie bekommerd oor die groeiende agteruitgang van die situasie in Abyei” en eis amptelik dat Kartoem se troepe onttrek word.
“Die lede van die Veiligheidsraad doen ‘n beroep op die regering van Soedan om sy militêre operasie te halt en om onmiddelik uit Abyei en die omgewing te onttrek,” het Gerard Araud, die Franse ambassadeur vir die VN, gesê.
Die Europese Unie het ook die inval veroordeel en dit bestempel as ‘n dreigement vir die vrede tussen Soedan se noorde en suide so kort voor die suide internasionaal erkende onafhanklikheid kry.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP