VN-Veiligheidsraad sal besluit oor Suid-Soedan
2011-07-06 20:56
New York – Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad beplan ‘n formele debat waartydens voorgestel sal word dat Suid-Soedan ‘n lid van die VN-raad mag word sodra dié land volle onafhanklikheid verwerf het, het die voorsitter van die raad gesê.
Suid-Soedan sal amptelik Saterdag van Noord-Soedan skei. Dié besluit is geneem nadat daar in Januarie ‘n referendum gehou is en die meerderheid mense gestem het om van Kartoem te skei.
Na aanleiding van die verwikkeling sal ‘n reeks stappe geneem en aanpassings gemaak moet word deur die VN, insluitend die skepping van ‘n nuwe VN-sending.
Guido Westerwelle, die Duitse minister van buitelandse sake, sal die voorsitter van die raadsvergadering wees omdat Duitsland die presidentskap van die VN-Veiligheidsraad vir Julie het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA