VN: 'Groen' fondse vir Afrika net die begin
2009-12-02 13:37
Nairobi, Kenia – Die voorstel om miljarde dollars aan minder ontwikkelde lande te gee en hulle sodoende met die effek van klimaatsverandering te help, is maar net die begin.
Volgens Helen Clark, administrateur van die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsprogram, gaan minder ontwikkelde lande meer as $10 miljard (sowat R73 miljard) per jaar benodig om die impak van klimaatsverandering te hanteer.
Ongeveer 100 wêreldleiers ontmoet hierdie week in Kopenhagen vir ‘n konferensie oor die wêreld se planne vorentoe vir klimaatsverandering.
- Sapa-AP