VN: Cholera steek kop uit by Keniaanse vlugtelingkampe
2011-11-15 16:01
Genève – Die Verenigde Nasies (VN) se vlugtelingsagentskap het gesê 60 gevalle van cholera, insluitende een sterfte, maak pogings om die vlugtelinge in die Dadaab-kampe in Kenia te help aansienlik moeiliker.
Die VN het gesê dat tien van die gevalle deur laboratoriumtoetse bevestig is. ‘n Sentrum waar erge gevalle van cholera behandel kan word, gaan opgerig word, maar die meerderheid mense wat siek is, kan deur rehidrasie gehelp word.
Andrej Mahecic, ‘n VN-woordvoerder, het gesê dat onveiligheid en swaar reën noodlenigingspogings verder belemmer nadat drie noodlenigingswerkers sowat ‘n maand gelede by ‘n vlugtelingkamp ontvoer is.
Hy het gesê in die afgelope maand is bykans 100 Keniaanse polisiebeamptes by die kampe ontplooi in ‘n poging om veiligheid te verbeter.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP