Unicef: 279 mense in DRK aan cholera dood
2011-07-28 08:21
Kinshasa – Minstens 279 mense is in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood aan cholera en sowat 4 000 ander het reeds die siekte onder lede, het Unicef gesê.
Dr. Ibrahim Cisse van Unicef, ‘n agentskap van die Verenigde Nasies, het gesê die noord-oostelike provinsie Orientale word die ergste geraak, met 1 400 gevalle en 102 sterftes.
In Kinshasa, die hoofstad, is daar 124 gevalle en 14 sterftes.
Die regering het verklaar dat die siekte in vier provinsies versprei het.
Cholera word deur besmette water versprei.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP