Uitbraak van miltsiekte eis 82 seekoeie
2010-07-30 02:36
Kampala, Uganda - Ugandese beamptes sê 82 seekoeie het die afgelope 45 dae weens 'n uitbraak van miltsiekte (antraks) gevrek.
Nicholas Kauta, woordvoerder van 'n nasionale taakspan, het gesê dié uitbraak het in Queen Elizabeth Nasionale Park in Junie begin en ook nege buffels geëis.
Hy het Donderdag gesê geen mense het sover nog die dodelike siekte opgedoen nie en dat toerisme nie deur die uitbraak geaffekteer is nie.
In 2004 het dié siekte 300 seekoeie geëis.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP