Ugandese regering beskuldig van marteling
2011-03-24 20:06
Kampala – Die Ugandese regering was glo betrokke by die marteling, ontwettige aanhouding en die buitegeregtelike moorde van burgers volgens ‘n verslag wat Woensdag vrygestel is, berig die New York Times.
Die verslag is deur die Menseregte-waghond opgestel. Dit fokus op die aktiwiteite van ‘n agentskap wat bekend staan as die Rapid Response Unit en is ‘n tak van die Ugandese polisie wat gestig is om geweldadige misdaad te beveg.
Volgens die verslag het lede van die eenheid, wat die RRU genoem word, aanhoudend die wet oortree.
“Sedert die eenheid gestig is, het RRU-beamptes en geaffilieerde personeel arrestasies gemaak vir misdade van klein diefstalle tot terrorisme,” lui die verslag.
Die Ugandese regering weier om kommentaar oor die verslag te lewer.
- Kliek hier vir die volledige artikel.
- Volg Nuus24 op Twitter.